Denzel Washington

Denzel Washington
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Washington in 2000.

Geboortenaam Denzel Hayes Washington jr.
Geboorte 28 Desember 1954 (1954-12-28)
Mount Vernon, New York Staat, Verenigde State
Nasionaliteit Amerikaans
Lewensmaat Pauletta Pearson
Kinders 4
Beroep(e) Akteur
Aktiewe jare 1975–nou
Toekennings Oscar
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Denzel Hayes Washington jr. (gebore op 28 Desember 1954)[1] is ’n Amerikaanse akteur en rolprentmaker. Hy is bekend vir sy vertonings op die skerm en verhoog en is al beskryf as 'n akteur wat "die konsep van die klassieke rolprentster" herkonfigureer het. Hy is ook bekend vir sy gereelde samewerking met regisseurs Spike Lee, Antoine Fuqua en Tony Scott. Deur sy loopbaan wat oor vier dekades strek, het Washington talle toekennings ontvang. Hy het drie Golden Globes gewen, ’n Tony[2] en twee Oscars: vir beste manlike byspeler in die historiese oorlogsdrama Glory (1989) en vir beste akteur in die misdaadriller Training Day (2001).[3]

  1. "Denzel Washington Biography (1954–)" (in Engels). Filmreference.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Desember 2019. Besoek op 14 Augustus 2011.
  2. "Five Ways Denzel Can Achieve His EGOT Dream" (in Engels). Newsfeed.time.com. 14 Junie 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Oktober 2019. Besoek op 14 Augustus 2011.
  3. (4 April 2002). "Halle Berry, Denzel Washington get historic wins at Oscars. Jet. Digitale weergawe besoek op 17 Maart 2008.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search